Ons noem hierdie sommer "Lag medisyne"



Ek kan nou vir jou se daar is absoluut niks lekkerder soos 'n "Lag-tot-jou-maagspiere-dit-nie-meer-kan-hou" sessie na 'nie so 'n lekker dag by die werk of skool nie'

Ek se altyd : "Ek lag eerder as wat ek huil..." Wie hou dan nou nie van 'n lekker lag nie? Soveel lekkerder as om in 'n hoekie te gaan sit en te huil oor daar niks in daai bankrekening nie, (Maar in sulke gevalle is dit beter om te lag totdat jy huil... want dan weet niemand jy huil eintlik oor daar nie geld in daai rekening van jou is nie) Thank me later,

Die beste medisyne wat die wereld ons gegee het is LAG en sommer LEKKER LAG

Ek het bietjie navorsing gaan doen en ekt letterlik die snaakste feite oor lag opgespoor, dis mal snaaks


Prentresultaat vir Spotprente oor lag

  • Om te lag is instinktief - almal doen dit. Of jy nou wit, swart, kallit, indian is almal doen dit. Dis die een ding wat ons "unite"
  • In meeste gevalle lag ons nie eers oor iets wat snaaks is nie, maar as deel van sosiale interaksie tussen mense
  • Gewoonlik volg die lag op aanmerkings in geselskap 
  • Die spreker lag gewoontlik meer as die gehoor
  • In 'n groep sal vrouens meer lag as mans, Vrouens lag ook eer vir mans as wat mans vir vrouens lag
  • 'n Gelag vind plaas met klinkerklanke, soos "ha-ha" of "ho-ho" wat herhaal word elke vyfde van 'n sekond
  • Party mense kan net nie lag op aanvraag nie. Hulle doen net nie die lag nie (is haai "smart" mense, julle ken vi hulle) 
  • Lag is aansteeklik. Hoe meer mense om jou lag, hoe meer sal jy saamlag 
  • Lag BEGIN by speel in kleintyd
  • Wanneer ons lag onderbreek dit nie ons sinne nie - ons lag in die pouses wat ons laat vir asemhaal 


Idiome oor lag


  • Hy lag of hy betaal word - Hy lag baie lekker
  • Ek lag my 'n boggel/Ek lag my dood/Ek lag my slap - Ek lag vreeslik
So geniet hierdie week en probeer om so baie as moontlik te lag. Lewe is te kort om nie genoeg lag in te kry nie

                                      "Jou lag is 'n oopgebreekte granaat..."
Nie te vrot vir 'n kombuistaal nie neh haha


Comments